Kontoere verwys na die skaduwees wat geskep word om gelaatstrekke beter te laat lyk – soos om jou gesig maerder te laat vertoon of ’n dubbelken te versteek.
Donker kleure verskans en ligte kleure verlig. Jy kan dus met dié kulkunsies ’n skerp gevormde kakebeenlyn en glimmende slape skep of van bolwange ontslae raak.
Plaas jou vinger op jou wangbeen, en beweeg dit af na die sagte gedeelte van jou gesig tussen die wang- en kakebeen.
Dit is waar jou kontoerkleur aangewend moet word. Skakeer dit in in die rigting van jou mond na jou oor – nie verder as die wydte van jou wenkbrou nie. Dit sal jou gesig effens slanker laat vertoon.
Wend nou die beklemtoner direk onder jou oë aan. Ook teen jou wenkbrou na bo om die oog te beklemtoon. Bring blosser tussen die twee kleure aan om by die stemming te pas – donker vir die aand en ligter of koraalkleur vir die dag.
Vermeng die kleure tussen lig en donker met die blosser wat aan die voorkant van die gesig sigbaar is. Donker onder die wangbeen en lig bo die wangbeen. Dit is die enigste van die drie kleure wat van voor gesien kan word.