Vergeet van ‘normaal’ en geniet die avontuur
- Dink nuut
- Reandi Grey
Die belangrikste van alles is jou kind pas glad nie in ’n boksie nie, en dit is oukei. Aktrise REANDI GREY het tydens die Oulike ma–bederfdag ma’s aangemoedig om te vergeet van “normaal”. Hierdie woord sal die vreugde van ouerskap by jou steel! Geniet eerder die avontuur van “ma-wees”.
Die Here verwag nie dat ons ons kinders perfek grootmaak nie. Hulle kom wel perfek hier aan. Al wat tel is dat ons kinders lief is vir die Here.
Dit beteken nie ons maak vervelige kindertjies groot nie. Ons het dan hierdie Bron van onuitputbare krag en energie en lewe en lig en liefde en positiwiteit.
Ek sê nie niks gaan verkeerd loop nie. Ek sê as iets verkeerd loop, dan het jy die hulpbronne om dit beter te hanteer.
Om ma-wees te geniet benodig jy God en kreatiwiteit
Volgens my het jy twee dinge nodig om ’n baie goeie dag te hê: God en kreatiwiteit.
God: want as iets verkeerd loop, gaan Hy jou die selfvertroue gee om jou kreatiwiteit te kan gebruik om jou probleem op te ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dit is belangrik om kinders toe te rus met lewensvaardighede. Besigheidsafrigter ELSA GROENEWALD vra: Maar is dit genoeg? Voorbereiding vir jou kind se plek in ...
Lewensafrigter MARLET TROMP verduidelik dat ons verwagtinge kan vervul deur dit te verander in ’n doelwit met ’n definitiewe plan van aksie. ’n Verwagting is ...