Vermy konflik deur te praat

Vermy konflik deur te praat

Baklei julle gereeld oor onbenullighede? Hier is raad oor hoe om daardie haakplekke op te los en konflik te bestuur of betyds te voorkom.

Praat oor die verskille wat julle kan laat baklei

Verskille in ’n paartjie se waardes, prioriteite en doelwitte veroorsaak dikwels spanning in ’n huwelik. Dis wanneer julle vassit oor dinge, soos waarvoor die bonus gebruik moet word of wie vir Sussa dokter toe moet neem.

Julle kan dit bestuur deur openlik oor alles te praat en elke kwessie oopkop te bespreek. Só leer julle ook om mekaar beter te verstaan en ’n balans te vind tussen gee en neem.

Om effektief te gesels, moet jy en jou maat bereid wees om ’n oplossing te soek waarmee julle al twee tevrede sal wees. Dit kan nogal kopkrap kos, maar die volgende kan help.

’n Geslote houding of die begeerte om altyd jou eie belange eerste te stel sodat jy kan “wen”, sal hierdie hele proses laat misluk. Hou altyd in gedagte dat julle verhouding op lang termyn belangriker is as om net jóú sin te kry.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Hoeveel keer doen jy iets omdat jou ma dit altyd so gedoen het? Ons ouers se voorbeeld het ’n blywende invloed, ook op ons verhoudings. ...

Konflik is nie noodwendig sleg nie, trouens, dit kan julle verhouding laat verdiep. Dis egter belangrik om by die reëls te hou wanneer julle verskil. ...

Scroll to Top