Is jy passievol oor ‘n loopbaan in gevorderde velsorg of liggaamsbehandelings wat gesondheid en voorkoms verbeter? By die Isa Carstens® Akademie kan jy ’n verskil maak met ’n loopbaan in gevorderde dermale estetika.

Verken ’n loopbaan in mediese estetika as ’n gevorderde velsorgterapeut

Mediese estetika groei vinnig vanweë die groot aanvraag aan niechirurgiese verjongingsmetodes en die beskikbaarheid van nuwe tegnologie.

Velsorgterapeute doen deesdae prosedures met meer drastiese resultate, maar hierdie prosedures bring verhoogde risiko’s en verantwoordelikhede mee. Daarom is hoëgehalte-opleiding van geakkrediteerde hoëronderwysinstansies so belangrik.

Goed opgeleide terapeute speel ’n baie belangrike rol en ondersteun dokters in ’n multidissiplinêre benadering tot pasiëntsorg.

Hierdie vennootskap tussen dokter en terapeut integreer mediese en niechirurgiese tegnieke, wat terselfdertyd veltoestande en onderliggende weefselprobleme behandel.

’n Goeie voorbeeld van so ‘n vennootskap is by die Dr Nerina Wilkinson + Associates Aesthetic Couture-praktyk.

Kyk hierdie onderhoud met dr. Marisa Heyns en terapeut Kim van Zyl om te sien hoe hierdie vennootskap die praktyk, pasiëntsorg en die standaarde van die estetiese bedryf verbeter.

Die volledige onderhoud is op YouTube

Doen nou aansoek!

Inskrywings vir 2025 is nou oop.Kontak Isa Carstens® Akademie se studenteadviseurs in Pretoria of Stellenbosch of besoek die ope dae om ingeligte besluite oor jou toekoms in die dinamiese, voortdurend ontwikkelende wêreld van skoonheid, welstand en velsorg te neem.

Doen nou aansoek!

Die Isa Carstens® Akademie, wat bekend is vir uitmuntende opleiding in die bedryf, speel ‘n belangrike rol in toekomstige terapeute se reis om die nodige kwalifikasies en vaardighede te verkry om in die bedryf uit te blink.

Die afstandsonderrig Advanced Diploma in Dermal Aesthetics NQF-vlak 7 bied gespesialiseerde opleiding in gevorderde vel en estetiese wetenskap, saam met praktykbestuur en navorsingsmetodologie vir somatoloë om hulle in die veld van mediese estetika op te lei.

Dit is belangrik om met die regte kwalifikasies te begin

Somatologie is ‘n driejaardiplomakursus op NQF-vlak 6; die enigste kwalifikasie wat outomaties toegang tot die gevorderde diploma in dermale estetika NQF-vlak 7 gee.

Hierdie studierigting fokus op die wetenskaplike studie van die menslike liggaam, veral die vel.

Teoretiese vakke soos anatomie en fisiologie, biotika, voeding, kosmetiese wetenskap, navorsingsbeginsels en akademiese skryfwerk en besigheidspraktyk – insluitend bestuur en beplanning – verseker dat gegradueerdes vaardige terapeute word en goed vir die sakewêreld voorberei word.

Hoër onderwys verskil van vaardigheidsgebaseerde opleiding omdat dit probleemoplossings- en kritiese denkvaardighede bevorder wat noodsaaklik is vir ‘n loopbaan in mediese estetika en om saam met dokters te werk.

’n Lys van geregistreerde hoëronderwysskole en geakkrediteerde kursusse is by die departement van hoër onderwys beskikbaar.

Voornemende studente kan só verseker dat hulle inskryf vir ’n kursus wat lei tot ’n loopbaan in gevorderde velsorgterapie.

Inskrywings vir 2025 is nou oop.
Kontak Isa Carstens® Akademie se studenteadviseurs in Pretoria of Stellenbosch of besoek die ope dae om ingeligte besluite oor jou toekoms in die dinamiese, voortdurend ontwikkelende wêreld van skoonheid, welstand en velsorg te neem.