Wanneer jy…Oor moet begin na sonde
- GeloofsPLAN
- Verwerk uit Jou Geloofsgroei Bybelgids, deur Isak Burger, Lorette Dye en ander
Is jy sonde se baas of is sonde jou baas? Ja, selfs Christene kan die pad erg byster raak, maar dit is nooit te laat om oor te begin nie.
Christene struikel ook in hierdie sondige wêreld
Dink maar aan jou eie lewe. Jy dobbel dalk nie, is doodeerlik en het net oë vir jou eie man, maar wat van jou geskinder, neus-in-die-lug houding, onvergewensgesindheid of plofbare woedebuie? Alles teenstrydig met dit wat iemand van ’n Christen verwag. Jy wil nie so wees nie, maar tog is jy!
’n Christen wat onchristelik optree, is nou eenmaal ’n lekker sappige storie wat soos blits deur die gemeente, gemeenskap of wêreld versprei – dit hang net af van hoe “groot” sonde jou sonde is of hoe groter die oordeel wat ander oor jou uitspreek. Die realiteit is dat selfs (soms veral) Christene erg struikel oor die aanloklikhede van hierdie sondige wêreld.
Sonde is… Ferdinand Deist het gesê dat sonde is om te doen wat nagelaat moes gewees het, of om na te laat wat gedoen moes gewees het. Dis letterlik om jou doel of betekenis te ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...
Om te bid is ’n manier van kommunikasie met God. Daar is verskillende maniere hoe jy effektief met Hom kan kommunikeer. Wek geloof in jou ...