Wat die Bybel sê oor … Hoop
- BybelANTWOORD
- Flip Loots uit: Begin jou dag met God
Wat hou die toekoms in? Dit is die vraag op baie se lippe, en sommer ook ’n teken dat hulle nie baie positief voel nie. Die antwoord is eenvoudig: Daar is hoop – vertrou net op Hom!
Hoop is wat ons aan die gang hou
Wat sou die lewe sonder hoop gewees het? Jy sê gereeld: “Ek hoop jy sal gelukkig wees/die werk kry/die eksamen slaag.” Maar ware hoop is in die hemel gevestig.
“Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal … om ons voetstappe te rig op die pad van vrede” (Lukas 1:78-79).
Daardie woordjie het dalk swaar in die priester Sagaria se gedagtes gelê. Hoop vir ’n beter lewe as die een onder die Romeine. Hoop dat daar vorentoe iets sal kom wat vrede en vryheid sal bring.
Toe sy seun, Johannes, gebore word, weet hy daar is hoop. Hierdie seuntjie sal vir almal gaan vertel dat dit in die Een lê wat ná hom gekom het.
Lank voordat Thomas Edison kon droom van ’n gloeilamp om mense in die ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Geduld is ’n Goddelike krag. Geduld gee ’n mens die vermoë om probleme of swaarkry te verduur, sonder om angstig of geïrriteerd daarmee te raak. ...
Berou het ’n veel dieper betekenis as om bloot jammer te wees. Die woord beteken ook dat ’n mens anders oor die saak dink. Wys ...