Wat die Bybel sê oor … Swaar tye
- BybelANTWOORD
- Victor Grootboom uit: Nog ’n jaar met God
Waarom gebeur slegte dinge met goeie mense? Waar is God in swaarkrytye? Hy is mos almagtig en moet dit kan keer. Dis wel so, maar soms het Hy ’n plan met jou moeilike omstandighede.
Daar is ’n plan met ons swaar tye
Dalk het Paulus ook hieroor gewonder. Het jy geweet dat hy 195 keer met die sweep geslaan is, drie keer skipbreuk gely het en met klippe gegooi is? Hy moes nagte lank sonder slaap, kos of water bly. Hy is selfs in die tronk gegooi ... ter wille van sy geloof!
Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder (Filippense 1:12–13).
Niks gebeur met ’n mens sonder dat daar ’n plan is nie. In Paulus se geval is tronkstraf toegelaat, sodat hy met die soldate oor die koninkryk kon praat.
Maar dit het ook gelowiges buite die tronk gewys dat slegte omstandighede jou nooit mag laat twyfel aan Sy planne vir jou nie.
Miskien is vandag nie ’n goeie dag nie. Dalk is daar ’n ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Berou het ’n veel dieper betekenis as om bloot jammer te wees. Die woord beteken ook dat ’n mens anders oor die saak dink. Wys ...
Dis moeilik om informasie waaraan ons blootgestel word oordeelkundig te gebruik. Wanneer die pad duister voel, onthou: Ons dien ’n God van wysheid. Wysheid is ...