Wees sensueel net vir hom

Wees sensueel net vir hom 

Sien jy jouself deesdae net as ma, huishoudster of gasvrou? Kom geleidelik uit jou groef en word weer jou man se minnares! 

Maak hom bewus van jou vroulikheid en sensualiteit 

Seks is nie die belangrikste in ’n huwelik nie, maar dit is beslis ’n kragtige lym om paartjies bymekaar te hou,” sê Elmarie Smith, aanbieder van seminare oor hoe om meer oemf in jou liefdeslewe te sit.

Die meeste vroue wil graag ’n goeie minnares vir hulle man wees – hulle weet net nie altyd hoe nie. ...

Sien jy jouself deesdae net as ma, huishoudster of gasvrou? Kom geleidelik uit jou groef en word weer jou man se minnares! 

Maak hom bewus van jou vroulikheid en sensualiteit 

Seks is nie die belangrikste in ’n huwelik nie, maar dit is beslis ’n kragtige lym om paartjies bymekaar te hou,” sê Elmarie Smith, aanbieder van seminare oor hoe om meer oemf in jou liefdeslewe te sit.

Die meeste vroue wil graag ’n goeie minnares vir hulle man wees – hulle weet net nie altyd hoe nie. Ons is mos geleer om nie daaroor te praat nie, nie daaraan te dink nie en dit veral nie te waag nie.

Jou lyf kan net gaan daar waar jou kop al was. As jou kop gedurig vir jou vertel dat seks net ’n plig en geen plesier is nie, gaan dit ’n struikelblok eerder as ’n saambindende faktor wees.

Gee jouself dus toestemming om jou man te geniet – en vir hom om jou te geniet.

Wees onvoorspelbaar en breek julle roetine. Jy sal tog nie elke aand vir hom dieselfde ete voorsit nie, maar jy gee hom aand na aand dieselfde seksuele maal. Net soos kos verloor seks sy smaak as dit voorspelbaar raak.

Gebruik jou verbeelding om die jagtersinstink in hom wakker te maak! Onthou jy nog wat jy gedoen het om hom te beïndruk toe julle pas getroud was? Romantiese boodskappe, ’n verleidelike kledingstuk wat jy spesiaal vir hom aangetrek het…

Verras hom met ’n vurige soen wanneer hy dit die minste verwag. Maak hom weer bewus van jou vroulikheid en begin meer sensueel optree. En moenie gedurig in die badkamer of in die donker aan- en uittrek nie. Doen dit voor hom en met selfvertroue. Mans word geprikkel deur wat hulle sien – verras hom!

Dis vir ’n vrou nodig om mooi te voel, terwyl ’n man soos ’n held wil voel. Prys hom en vertel hom hoe sy manlikheid jou teen die mure uitdryf.

Verlei jou man met jou sensuele kant 

As woorde nie werk nie, praat ’n sensuele streling harder as ’n duisend woorde. Jy sal sy vel wakker, sy hart sag en sy ore oop maak. Wanneer jy sy volle aandag het, vertel en wys hom hoe jy graag bemin wil word.

Moenie dink net omdat julle al vyftien jaar getroud is, jy nie meer met hom mag flirt nie. Eksperimenteer dus met jou oë, woorde en styl totdat jy ’n manier van verleiding vind wat by jou pas.

Wys jy stel belang in hom én dit wat hy doen! Vra hom uit oor sy werk, prys hom oor hoe hy sekere situasies hanteer en maak ’n geleentheid daarvan as hy hoogtes bereik het.

Wys hom jy het ook ’n ander kant. Begin stadig en doen een ding wat jy nog nooit tevore gedoen het nie. Dit hoef nie iets te wees wat teen jou natuur of beginsels indruis nie. Doen dinge net effens anders!

“Elke man is dol oor die gedagte om sy vrou se wilde kant na vore te bring en ook te glo dat hy alleen daartoe in staat is. Dit veroorsaak ’n band wat woorde nie kan beskryf nie,” verduidelik Elmarie.

As hy nog nooit jou wilde kant beleef het nie, is dit nou die kans om dit vir hom te wys. Bel hom by die werk of in die geselskap van ’n groep mense waar hy nie kan reageer op dit wat jy voorstel nie.

Of wees ’n stortgodin en verras hom een oggend in die stort met slegs ’n sy-kamisool aan jou lyf. ’n Skattejag deur die huis werk ook goed (maak net seker dat die kinders nie tuis is nie). Laat ’n spoor van jou kant-onderklere op die roete wat jy weet hy sal volg…

Hy mag miskien nie die baas by die werk wees nie, maar as julle mekaar op seksuele gebied vervul, voel hy asof die wêreld aan hom behoort.

Deel die artikel

Méér artikels

Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis. Jou ...

Scroll to Top