Fliek in pajamas

Kan jy onthou hoe jy as klein meisietjie vir ure lank met jou Barbie gespeel het? Jy het haar aangetrek en haar lang blonde hare gekam asof dit van sy gemaak is. Later het Ken en ’n hele string ander Barbies bygekom en jou ma moes honderde rande bestee aan jou Barbie-versameling.

Die fliek Barbie speel af in Barbieland, ’n pragtige, perfekte, kleurvolle dorpie. Ryan Gosling wat die rol van Ken vertolk, is mal oor Barbie, oftewel Margot Robbie, hoewel sy ’n bietjie te eksentriek is en nie heeltemal inpas nie.

Uiteindelik word Barbie uit Barbieland geskop omdat sy nie perfek genoeg is nie. Dan gaan sy op ’n avontuur saam met Ken na die “regte wêreld”. Sy kom tot die besef dat die sleutel tot geluk in jouself lê, vry van die strewe na perfeksie en onbereikbare volmaaktheid …

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!