Vroue wat glo-retreat

Voelgoed Media en Geopende Deure se VROUE WAT GLO-RETREAT is spesifiek vir vroue wat ’n begeerte het om die boodskap van die Woord uit te dra.

Dié eendag-retreat sal vroue-kommunikeerders toerus wat geroepe voel om die stem wat God as gawe vir hulle gegee te gebruik. Eer God deur te skryf, te blog, te praat, ’n platform te skep én ’n gemeenskap te ontwikkel!

Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer, Melissa van Biljon, Bertha le Roux-Wahl en Melissa Swart het hulle op verskeie terreine van Christelike kommunikasie gevestig as skrywers, sprekers, podsending-, radio- en TV-aanbieders, en méér.

Scroll to Top