Lizanne du Plessis

Help jou kind se brein ontwikkel

Gene speel ’n rol in hoe ’n kind se brein ontwikkel, maar jou verhouding met jou kind en die omgewing vorm drasties aan sy brein.

Ons hoef nie meer te wonder wat in ons of ons kinders se breine gebeur wanneer ons nuwe dinge beleef of nuwe vaardighede aanleer nie.

’n Breinskandering gee deesdae vir ons hierdie inligting. Daaruit leer ons ook dat die natuur (gene) en kultuur (jy en die omgewing) jou kind se brein vorm.

Goeie verhoudings bevorder gesonde breinontwikkeling

Daar is ’n paar dinge wat gesonde breinontwikkeling beïnvloed. Interaksie en die bou van verhoudings vorm die basis vir die brein om reg te ontwikkel. Met elke interaksie wat tussen jou en jou kind plaasvind, vorm daar verbindings tussen die breinselle.

Wanneer ’n baba gebore word, maak hulle geluidjies, trek gesigte en beweeg hulle lyfies. As ons dan hierop reageer, begin ’n pragtige oor-en-weer-verhouding wat help om sy breinpaadjies te vorm.

Om na jou kind te luister en vir hom stories te lees of te vertel, is van die beste maniere om hierdie sterk fondasie te ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!