HOE OM... ... te weet wat in die hemel wag

HOE OM… te weet wat in die hemel wag

Gelowiges weet ná die dood wag die hemel. ISAK BURGER beskryf wat die Bybel sê oor dit wat ’n gelowige in die lewe ná die dood kan verwag.

Ontdek die hemelse belofte: saam met Jesus na die dood!

Oor hoe die hemel uiteindelik gaan lyk – die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde en die Nuwe Jerusalem wat daarop gaan neerdaal – vertel die Bybel ons nogal heelwat. En natuurlik kan ’n mens daaroor baie spekuleer en op verbeeldingsvlugte gaan.

Die heel belangrikste oor daardie plek waarheen ons gaan, is dat Jesus daar gaan wees. Lees weer wat Hy gesê het om sy dissipels se ontsteltenis te besweer: “En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” –Johannes 14:3

Dít is vir die gelowige die heel wonderlikste wete: dat ons ná die dood saam met Jesus gaan wees. Hy is belangriker as die hemel self. Trouens, Hy maak die hemel waarlik hemel.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis moeilik om God te verstaan. Soms wens ons, soos JANINE VAN NIEKERK, Hy kan ’n e-pos stuur om die lewe presies te verduidelik. Die ...

Maak jy ’n verskil in hierdie stukkende wêreld? Liefde is ’n werkwoord, sê LIESEL KRAUSE–WIID. Wys hoeveel jy omgee, ongeag jou eie pyn. Wys jou ...

Scroll to Top