Is water regtig vir ons belangrik?
- Nuwe jy MENTORS
- Minette Visser
Almal is dit eens dat water belangrik is. Presies hoeveel water ons moet inneem, verskil van mens tot mens. Let daarom op jou liggaam se tekens.
Sommige mense sê agt glase, Harvard sê vier tot ses glase water en ander sê weer tot 2,7 liter water ’n dag vir vroue – insluitend jou kos.
Ons neem ongeveer 20% van ons water in deur die kos wat ons eet. Dit is nou as ons dieet vrugte en groente insluit. Maar hoeveel water moet ons drink?
Die antwoord begin by bio-individualiteit. Almal is anders, almal se omstandighede is anders. Daarom het elke persoon nie dieselfde hoeveelheid water nodig nie. Net soos wat elke liewe persoon nie dieselfde dieet of oefenprogram kan volg nie.
Elke dag is ook anders. Dit is hoekom dit belangrik is dat ons na ons liggame luister. Ons moet daarop let wanneer ons dors is.
As jy weer gereeld in die nag moet opstaan om badkamer toe te gaan, drink jy dalk te veel water laatmiddag of vroegaand.
Waar jy bly, is ook bepalend vir jou waterbehoeftes. As jy ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...