Laat jou vrese vir jou werk!

Laat jou vrese vir jou werk! 

Krap die wortels van jou vrees oop en put energie daaruit, sê LISA BOSMAN. Anders sal dit jou pootjie en keer dat jy jou roeping leef. 

Verstaan hoekom jy bang voel en angs beleef 

In Josua 1:9 kry ons die opdrag om nie bang te wees nie. Dit beteken egter nie dat vrees nie deel van ons lewe sal wees nie. Die lewe is vol ompaaie en vrese is deel van die reis.

Lisa Bevere sê: “Die aanvalle op jou lewe het meer te make met wie jy bestem is om te wees as met wie jy was.” Dit beteken vrees is eintlik net ’n leuen. ’n Poging om jou te pootjie en te verhoed dat jy jou unieke roeping sal raaksien en aangryp.

Ons kan vrees egter nie heeltemal ignoreer of opsy stoot nie. Daar word gesê dat selfs die wêreld se heel beste ballerinas steeds senuweeagtig word voordat hulle op die verhoog gaan.

Maar in plaas daarvan dat hierdie gevoel van angs hulle laat struikel, gebruik hulle dit tot hulle voordeel. In daardie oomblik, net voor die gordyn gelig ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Sonder goeie geestelike waardes kan ons maklik van die “muur” afval en nie weer aanmekaargesit word nie. Net soos Hompie Kedompie, sê CATHERINE VAN HEERDEN. ...

Die kuns is nie om minder van jouself te dink nie, maar eerder om minder aan jouself te dink. Om ander se behoeftes eerste raak ...

Scroll to Top