Ontspan, gee oor aan God
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
(Filippense 4:6)
Jy ken seker die frase: “Let go and let God …”
Om te laat gaan, beteken nie noodwendig jy gee nie meer om nie. Dit beteken net jy kan nie meer iets daaraan doen nie.
Jy gee vrees nie meer vatplek aan jou siel nie. Jy staar die waarheid in die oë en gee God die reg om in te gryp. Jy skuif al die negatiewe kommentaar agter die rug en stel jou in op wat God sê. Dit laat jou toe om die stilte weer te geniet. Dit gee jou moed om alleen te staan wetend dat jy in sy voetspore staan. Dit gee jou krag om asem te haal, jou oor in te stel om God se stem te hoor en weer te glo dat Hy omgee.
Om te laat gaan, is nie om magteloos toe te kyk dat dinge ten gronde gaan nie, maar om die natuurlike verloop van sake te bestuur en nie die uitkoms te probeer bepaal nie. ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare. Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met ...
Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming ...