Ontvang sy offergawe
- #StilwordSondag
- Esté Geldenhuys
Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie maar ook om vir Lasarus te sien wat Hy uit die dood opgewek het. (Johannes 12:9)
Hierdie woorde van Johannes beskryf een klein toneel in die opbou van sekerlik die grootste drama ooit! Jesus verlaat die laaste keer sy geliefde platteland rondom Galilea op pad na Jerusalem, om as heilige en welgevallige offer vir die ganse mensdom te sterf. Nie te lank tevore nie het Hy Lasarus uit die dood opgewek. Sy keuse om by Lasarus tuis te gaan voor Paasfees is nie om ongemerk te probeer nader kom nie.
Almal onthou Lasarus. Almal onthou Jesus. Almal kom om hulle albei te aanskou. Net die volgende dag sou Jesus op die eselsvul onder groot toejuiging vir oulaas die Sionstad binnery.
Wat sê dit alles? Jesus het presies geweet wat op Hom wag. En tog, in sy hele optrede is daar geen sweem van huiwering nie. Hy is soos ’n koringkorrel gereed om te sterf sodat Hy baie vrug kan dra. Dit is tog waarvoor Hy na hierdie aardse ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming ...
Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het?” (1 Samuel ...