[OUDIO] Vind die positiewe in negatiewe ervarings
- Selfhelp [Oudio]
- Antoinette Steyn, motiveringspreker
Die grootste uitdagings in die lewe kan jou met lesse van onskatbare waarde seën. Om die positiewe te vind, is belangriker as die sukses daarna.
Die ironie van die lewe is dat ons grootste lesse soms wonderbaarlik as struikelblokke vermom is. Die dinge wat jou hart breek, maak dikwels jou oë oop.
Die keuses wat ons maak, bepaal ons ervarings later in die lewe. ’n Pa het twee seuns. Een kies byvoorbeeld om tyd saam met sy pa te spandeer wanneer hy in die motorhuis aan die karre werk. Dié seun bou kennis op oor hoe om sy eie motor eendag in stand te hou.
Wanneer sy motor langs die pad gaan staan, weet hy waar om vir die fout te begin soek. Die ander seun toon nie belangstelling in die kennis wat sy pa aan hom wil oordra nie. Wanneer sy motor probleme gee, moet hy langs die pad staan en wag tot iemand hom kom help.
Geloof werk ook so. Wanneer ons meer tyd saam met ons Hemelse Vader spandeer, leer ons meer. Ons raak wyser. Ons kan makliker ons geloofslesse gebruik om die ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Gerdi van den Berg
Die Woord dring deur die besige siel met sy doenlysies en herskep jou. Eers moet jou hart se gesindheid reg wees sodat jy kan luister ...
Christel de Lange, dieetkundige en borsvoedingskonsultant
Dit voel hoe minder jy eet, hoe meer gewig tel jy op… Die grootste fout wat mense begaan wanneer hulle gewig wil verloor, is om ...
Korttermyn-uitputting is nie ’n rede tot kommer nie. Maar wanneer uitputting chronies word, is dit tyd om die oorsaak te soek van die Groot Moeg. ...