Bianca van Rensburg [Oudio+Video]

Vind jou motivering in ’n oefengroep

Miskien sê jy al vir ’n ruk jy wil begin oefen, maar jy kom nie daarby uit nie. Dalk is dit tyd om by ‘n oefengroep aan te sluit.

Om by ’n oefengroep betrokke te raak, het talle voordele. Jou spanmaats gaan jou aanspreeklik hou om die oefensessie by te woon.

In ’n groep is daar altyd iemand om jou aan te moedig, veral op dae wat jy dalk nie lus is vir oefen nie. Jy sal gesonde kompetisie in ’n groep kry. Iemand wat jou gaan uitdaag om ’n klein bietjie harder te oefen.

As jy in ’n groep oefen, is daar gewoonlik ’n gekwalifiseerde instrukteur wat vir jou sê hoe om te oefen. Dit beteken dat jou kanse vir beserings minder is.

Moenie dink jy is te onfiks om by die dames-bootcamp aan te sluit nie. Of dalk ’n bietjie te oorgewig is vir ’n oefengroep. Groepklasse akkommodeer alle fiksheidsvlakke.

Almal wat vandag daar is, het begin waar jy nou is.

Pilates is ’n groep-oefening wat baie gewild is. Oorweeg dit as jy mik vir ’n oefening wat ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...

Om te peusel of nie te peusel nie … Peuselhappies hou verskeie voordele en nadele in. Die belangrikste is egter om vas te stel wat ...

Scroll to Top