Voelgoed Media en Vroue wat Glo hou wéér retreat! Jy en jou geloofsvriendinne word uitgenooi om saam met topklas sprekers soos Liesel Krause-Wiid, Susan Coetzer, Hykie Berg, Karien Basson en Wanda Bam te kom leer om ‘n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees.
Dit is maklik om vrolik te wees wanneer alles in jou lewe glad verloop. Tog, Christenwees beteken dat jy ook gelukkig moet wees selfs wanneer omstandighede teen jou draai.
Ja, ons is hartseer oor die toestand waarin die wêreld verkeer. En soms rou ons oor ‘n verlies.
#VrolikEnBly herinner ons daaraan dat die seer en probleme van die wêreld nie vergelyk kan word met die vreugde daarvan om Christus te ken nie.
Maak nie saak wát nie, ons moet bly wees oor die feit dat Christus ons vrygemaak het!
Ons mag daarom nooit ons geloof en vertroue in God verloor nie, Hy sal sy hand oor ons hou sodat alles uiteindelik tot ons beswil gebeur.
Om die waarheid te sê, Christene behoort die gelukkigste van almal te wees – nie moedeloos, angstig of ongelukkig nie!
Die Vroue wat Glo-retreat word op Saterdag 3 Augustus by Lewende Woord Brummeria in Pretoria, en op Saterdag 17 Augustus by NG Kerk Vredelust in Bellville aangebied.
Jy en jou geloofsvriendinne word uitgenooi om saam met topklas sprekers soos Liesel Krause-Wiid, Susan Coetzer, Hykie Berg, Karien Basson en Wanda Bam te kom leer om ’n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees. Early Bird-kaartjies vanaf R79 – geldig tot 30 Junie!Koop jou kaartjie vir die Vroue wat Glo-retreat
Sprekers en temas om na uit te sien!
● Susan Coetzer – Skrywer en spreker (Pretoria) | Wanda Bam – Radiopersoonlikheid en spreker (Bellville)
Nie afhanklik van voorspoed of sukses nie
Ja, ons is hartseer oor die toestand waarin die wêreld verkeer. En soms rou ons oor ‘n verlies. Tog, Christenwees beteken dat jy ook gelukkig moet wees selfs wanneer omstandighede teen jou draai.
● Liesel Krause-Wiid – Predikant en geloofsmentor (Pretoria) | Benescke Janse van Rensburg – Skrywer en radio-omroeper (Bellville)
Jesus Christus – meer werd as die lewe
Hoe kry ek dit reg om meer waarde aan my verhouding met Christus te heg as aan enige iets anders? Die seer en probleme van die wêreld nie vergelyk kan word met die vreugde daarvan om Christus te ken nie.
● Hykie Berg – Akteur en mediapersoonlikheid (Pretoria) | Karien Basson – Redakteur Vroue wat Glo (Bellville)
Christene behoort die gelukkigste te wees!
Dis jammer dat só min van ons dit regkry om regtig gelukkig te wees. Kyk maar rondom jou met hoeveel ongeluk mense op hulle gesigte rondloop. Luister maar as mense sit en gesels …
● Gaste kan ook uitsien na ‘n geleentheid waartydens almal die Here kan loof en aanbid deur musiek, die gaskunstenaars en aanbiddingsleiers is Stella (Pretoria) en Rouchelle Liedemann (Bellville).
Video- en oudio-opnames beskikbaar!
As jy nie die funksie in persoon kan bywoon nie, kan jy registreer om toegang tot die video- en oudio-opnames te kry om op jou eie tyd te kyk of te luister.
Jy en jou geloofsvriendinne word uitgenooi om saam met topklas sprekers soos Liesel Krause-Wiid, Susan Coetzer, Hykie Berg, Karien Basson en Wanda Bam te kom leer om ‘n vry, vrolike Christenvrou vol blydskap te wees.
Early Bird-kaartjies vanaf R79 – geldig tot 30 Junie!