God is groter as enige seer
- GeloofsTERAPIE
- Elmarie Dercksen
Dit voel soms of jou pyn en swaarkry soos ’n berg voor jou lê. Onthou net dat Jesus ’n nuwe wêreld kom maak het waarin sonde vergewe en pyn genees word en vrede heers, sê predikant ELMARIE DERCKSEN.
Emosionele pyn kan sleg wees. Nie net sleg omdat jy ’n bietjie “blou” voel nie; sleg soos in oorweldigend en aanhoudend.
Dit word soos ’n landskap: miskien ’n koue, donker plek, hard, asof uit klip gekap. Óf ’n vervelige, grys en plat veld, sonder inspirasie of oortuiging. Óf ’n oseaan van bedreiging en gevaar, sonder respek of warmte.
Leer onderskei tussen jou emosionele en geestelike werklikheid
Wanneer ons probleme moet oplos, gaan ons gewoonlik spesifiek te werk. Om emosionele probleme te hanteer, benader ons dit soos somme – een vir een.
Maar hierdie metode hou nie rekenskap met die hele landskap nie. Ons kap klippe in ’n steengroef, en dink dit gaan minder word. Ons probeer sand uit ’n woestyn met ’n emmer dra.
Een van die eerste stappe na genesing is om tussen ons emosionele werklikheid en geestelike werklikheid ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sonder goeie geestelike waardes kan ons maklik van die “muur” afval en nie weer aanmekaargesit word nie. Net soos Hompie Kedompie, sê CATHERINE VAN HEERDEN. ...
Krap die wortels van jou vrees oop en put energie daaruit, sê LISA BOSMAN. Anders sal dit jou pootjie en keer dat jy jou roeping ...