Wouter Snyman [Oudio+Video]

Bestuur jou digitale bates

Meer as die helfte van mense weet nie wat met hulle digitale bates gaan gebeur as hulle te sterwe kom nie. Dis belangrik om die sleutel tot jou digitale koninkryk aan te gee.

Jy het moontlik onlangs na jou testament gekyk en besluit wat jy wil hê met jou fisiese bates moet gebeur na jou dood. Die interessante vraag is nou: Het jy al gedink aan wat met jou digitale bates moet gebeur? Dalk het dit nog nie by jou opgekom dat jou eBay-, Twitter- of Facebook-rekening ’n bate is nie.

Meer as die helfte van mense weet nie wat met hulle digitale bates gaan gebeur as hulle te sterwe kom nie. Dis belangrik om die sleutel tot jou digitale koninkryk aan te gee.

Jy het moontlik onlangs na jou testament gekyk en besluit wat jy wil hê met jou fisiese bates moet gebeur na jou dood. Die interessante vraag is nou: Het jy al gedink aan wat met jou digitale bates moet gebeur? Dalk het dit nog nie by jou opgekom dat jou eBay-, Twitter- of Facebook-rekening ’n bate is nie.

Al jou digitale rekeninge word as bates beskou

Dink vir ’n oomblik aan die inligting wat in hierdie aanlyn rekeninge vervat is en die potensiële waarde wat dit verteenwoordig.

As jy byvoorbeeld ’n fotograaf is, is die meeste van jou kosbare werk digitaal êrens op jou rekenaar gestoor en met ’n wagwoord beskerm.

Die jongste statistiek in Suid-Afrika toon dat daar die afgelope drie tot vier jaar ongeveer R750 000 000 onaangeraak in bankrekeninge lê. Ek weet nie van jou nie, maar ek sal vir seker nie my geld net laat rondlê of nie daaraan raak terwyl dit in ’n bankrekening is nie.

Die logiese antwoord vir hierdie opgehoopte bedrag is dat dit geld is van persone wat oorlede is en niemand geweet het dat daardie bankrekeninge bestaan nie.

Dalk het jy ’n ellelange lys kodewoorde vir jou rekenaar, selfoon en Instagram- en Facebook-rekening. Dit beteken natuurlik ook dat niemand anders as jy toegang daartoe het nie.

Dit het onlangs met my gebeur dat ek steeds kennisgewings op Facebook kry van ’n persoon se verjaarsdag wat naderkom, hoewel die persoon ’n hele ruk gelede al oorlede is.

Begin ’n lys wat jou digitale profiel uiteensit

’n Interessante nuwe wending in ons generasie is dat ons moet begin dink aan ons digitale bates en hoe ons dit moet bestuur.

’n Maklike manier om jou digitale bates te bestuur is om ’n lysie op te stel van al die dokumente wat nodig is as jy die dag te sterwe kom, sodat jou boedel vinnig en sonder groot moeite vir jou naasbestaandes afgehandel kan word.

Dit sluit dokumente in soos afskrifte van jou testament, identiteitsdokument, huweliksertifikaat, die geboortesertifikate of ID’s van jou kinders, asook spesifieke inligting oor jou digitale bates soos om te spesifiseer wat jy wil hê byvoorbeeld na jou dood met jou Facebook-rekening moet gebeur.

As jy dus moontlik ’n bankrekening oopgemaak het met die doel om vir ’n verrassingsvakansie of huweliksherdenking te spaar en niemand weet daarvan nie, is die kans baie goed dat die geld onopgeëis daar gaan bly lê omdat niemand daarvan geweet het nie.

Iemand moet toegang tot jou aanlyn profiel kan kry

Begin deur ’n lys te maak van die kodewoorde vir jou aanlyn rekeninge, en sê vir ’n persoon wat jy vertrou, soos ’n vriend of jou finansiële adviseur, waar hierdie lys is. Hulle sal dan die dag as jy te sterwe kom, die lys vir jou geliefdes gee. Dit maak dinge baie makliker vir hulle.

Dit is ’n groot gesukkel as die naasbestaandes skielik moet begin soek na vuurwapenlisensies, titelaktes van eiendomme, eienaarsertifikate van voertuie en so meer. Begin vandag nog om ’n volledige lys van al jou bates op te stel, hetsy digitaal, hetsy fisies. Dan maak jy sake baie makliker vir die eksekuteur wat jou boedel moet beredder.

Jy wil vir seker nie finansiële laste op jou naasbestaandes laai na jou afsterwe nie. Namate jy kodewoorde en wagwoorde vir jou digitale toestelle vir jou webblad of Facebook-rekening opstel, skryf dit neer en bewaar dit op ’n veilige plek.

Maak seker dat jou geliefdes weet waar hulle die lys kan kry. Raadpleeg ’n kenner oor hoe om met jou digitale bates in jou testament te handel, maar begin vandag nog om jou digitale voetspoor reg te bestuur.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Breek los van slegte geldgewoontes! Ontdek hoe eenvoudige veranderinge jou finansies kan versterk en jou op koers kan sit na finansiële sukses. Begin vandag! Ontdek ...

Die beste tyd om vir aftrede te begin spaar is in jou vroeë twintigs, maar sê nou ek het dit nie gedoen nie, is alles ...

Scroll to Top