Onnodige uitgawes
Baie mense verwar behoeftes met begeertes. Ons koop omdat ons iets wil hê, nie omdat ons dit nodig het nie.
Jy het nie die nuutste model selfoon nodig nie
Om elke maand minder geld uit te gee, beteken jy sal by die begin moet begin. Jy moet die verskil ken tussen behoeftes en begeertes.
Baie van ons maandelikse uitgawes val onder begeertes, bedoelende ons koop dinge wat ons graag wil hê en nie noodwendig dié wat ons nodig het en wat by ons begroting pas nie.
Om uiteindelik meer geld in jou sak te hê, beteken jy moet mooi gaan kyk na waar jy elke maand geld uitgee – dus jou korttermynuitgawes.
Begin heel eerste snoei aan die begeertes en luukshede. As jy na jou maandelikse aftrekkings gaan kyk, is een van die dinge wat waarskynlik hoog op die lys van begeertes lê, daardie liewe selfoon.
Twintig, vyf-en-twintig jaar gelede het selfone nie bestaan nie, so, ons het nie daardie uitgawe gehad nie. Ons het ook nie so ’n groot verhoging in ons inkomste gekry nie. Wat ons ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Lewenskoste styg vinnig en ons moet almal die gordels stywer trek. Jy kan nie jou uitgawes verminder as jy nie weet hoeveel en waarop jy ...
As jy daaroor droom om jou kinders verder te laat studeer, beteken dit jy moet vandag al begin spaar, anders gaan jou drome dalk nooit ...