Is genesing deur GELOOF moontlik vir jóú? 

Die genesing van jou siel is ’n voortdurende proses. Luister na hoe jy hierdie proses kan begin en wat jy moet doen om daagliks daar te bly. 

Ons bestaan uit liggaam, siel en gees.  

Jou gees behoort aan Hom wanneer jy tot bekering kom. En wanneer jy met jou mond bely en jou hart glo dat Jesus Christus die Seun van God is en in die vlees gekom, gesterf, opgestaan het en aan die regterhand van Abba Vader sit. 

Daar vind ’n wedergeboorte van jou gees plaas. Jou gees word nuut gemaak en die Heilige Gees kom woon binne jou.  

Die heiligmakingproses van jou siel is egter ’n voortdurende proses tot die wederkoms of tot jou sterfte. Dit is ’n uiters belangrike proses. 

Jou siel is jou wil (of hart) of jou eie ek en jou eie wil, emosies en jou denke of intellek. Die Woord sê ons denke word gevorm uit ons hart. 

As jou hart vol allerlei pyn, hartstog, wellus, begeertes, verslawing, haat, losbandigheid, ensovoorts is, kan dit Jesus se doel vir jou lewe blokkeer. Dit veroorsaak ook talle gedragsafwykings, siektes, verslawing en dies meer. 

Jy sal ook nie Sy stem kan hoor of Sy Woord verstaan nie. Maak erns daarvan om te kies om geheilig te word (Galasiërs 2:20) 

Hoe vinniger jy met die proses begin, hoe vinniger gaan jy in jou skeppingsdoel in beweeg asook ’n koninkrykslewe op aarde hê. 

Dit is nie onmoontlik om heiligmaking te ondergaan nie, want die Vader het ons reeds geskape met die hele Woord van God in ons harte ingegraveer (Jeremia 31:33 en Romeine 2:12-16). Dit is ons werk om dit te ontdek en uit te leef. 

Scroll to Top