Kan ’n goeie SELFBEELD van jou ’n beter ma maak?

Om ’n werkende ma te wees is uitdagend. Leer om ’n balans tussen ’n suksesvolle loopbaan en ’n gelukkige gesin te vind – sonder om alewig skuldig te voel.

’n Ma is nie net ’n ma nie. Ma’s is ook volwasse vroue met hulle eie identiteit, roeping en visie vir hulle lewens.

Dit is ’n leuen dat werkende ma’s hulle kinders ontneem van die liefde en aandag wat kinders benodig om te floreer.

Jy is dalk passievol oor jou loopbaan en die fondse wat jy genereer help om finansiële stabiliteit te skep. Só help jy jou kinders floreer.

Maak jou los van daardie alewige skuldgevoel. As iemand wat werk, gee jy nie aanstoot as jy liries oor jou loopbaan is nie. Jy benadeel nie ander omdat jy jou gesin ondersteun nie.

Skuldgevoel ondermyn ons effektiwiteit en sukses, tuis sowel as by die werk.

As jy en jou kind hierdie week ’n spesiale oomblik gedeel het, is dit impak. As jy ’n kollega by die werk gehelp het om iets te bereik, is dit inspirasie. Raak bewus van die skynbaar onbeduidende verskil wat jy maak.

Daar is niks om oor skuldig te voel nie. Wees jou beste, energieke self en omhels die vreugde wat jou gesin, jou werk en jou lewe bied.

Alles in die lewe verhandel teen iets anders. Ons moet egter openlik en eerlik wees oor wat óns dink belangrik is en wat nie. Waardes is die motiverende elemente wat ons optrede en reaksies dryf.

Tyd, energie en geld is beperkte hulpbronne. Daarom moet werkende ma’s elke dag besluite neem oor hoe om hierdie bronne te bestuur.

Waaroor is jy passievol? Gesonde, gebalanseerde kinders? Besigheidsgroei? Self-ontwikkeling? Om ander te help? As jy te min tyd en energie het vir die dinge wat vir jou saak maak, stuit dít wat jou uitput.

Besluit wat vir jou belangrik is.

Zuléka Smit, juffrou en koshuismoeder

Scroll to Top